Tuesday, June 22, 2010

coconut bome en pasta

Hierdie een is in Afrikaans sienend dat ek te moeg is om in Brits te dink.

Die laaste twee dae is als so aaneen, die jet lag (kan iemand vir my sê wat die Afrikaans hier voor is, PD ek weet jy sal ook graag wil weet) het in geskop en is besig om sy tol te eis.

Gister was ons winkel toe om inkopies te doen, ek het pasta gekoop (ek weet JC, mens kan nie net van pasta leef nie maar jy ken my) appels en nog Klits bestanddele J

Ek het daarna besluit om eerder te gaan verken as om saam met die res huis toe te ry en loop toe ’n rigting in.

Die strate is vol mense en baie drawwers, nie soos bo op die bult waar ek die vorige dag gedraf het nie.

UCLA die universiteit is hier maar die drawwende studente met hul iPod’s het dit weg gegee.

Ek't op pad huis toe myself besig gehou met foto’s neem en my verkyk aan die wêreld, so hardloop ’n meisie met ’n vreeslike spoed by my verby, eks nie seker of sy Sjinees was of net baie vinnig gehardloop het nie maar ek weet sy was haastig iewers op pad.

Ek't uiteindelik by die ingang van Bel Air gekom en daar begin die klim die bult uit toe, die totale afstand was 5.3 myl, ek dink dis so 8km maar het wel gevoel soos ’n mini maraton!

O ja die bank waarop ek slaap is nie te sleg nie.....

Vandag het ons geoefen en daarna weer dorp toe gegaan om bank rekeninge oop te maak.

Dit het my ’n rukkie geneem om agter te kom dat ek wel in ’n bank was aangesien daar geen skeiding tussen die kliënte en die tellers is nie, geen glas of tralies nie, dit voel amper verkeerd.

Ek het die keer wel besluit om nie terug te stap nie, na die draf en die vorige dag se maraton voel my binne bene asof ek heeldag coconut bome geklim het.

Hier bly so oom ook in die huis saam met ons vir ’n rukkie, sy naam is Bruce, hy maak kort films oor Jazz musikante, ek't al vergeet om van hom te praat want ek't hom nog net een keer gesien, hy kom nooit uit sy kamer nie. Hy is een van Clint se ou vriende (let op ou), hy het Dominic gevra of is ons hier die naweek want hy wil graag in die naak sonbad as ons nie is nie ( need I say môre?!)

Die naweek gaan ons Sacramento toe vir optredes en bly blykbaar in ’n afskuwelike mooi hotel, sal maar sien wat gebeur.

Tot dan is dit maar my bank en pasta J

Sunday, June 20, 2010

Today I arrived in LA again after a lovely day of traveling (because two flights of 11hrs each and a 3 hr layover in Heathrow is so much fun).

Its warm and nothing like the Joburg weather I left behind.

I decided to take a jog after unpacking, I am now living in the studio we used to record some of the Invictus soundtrack in, lets only comment on how comfortable the couch is after a nights sleep.

I ran like a crazy person up the hills in Bel Air and noticed no other joggers, this posed a problem because I have no idea which side of the road to jog on and no one to grab tips from.

I think people in LA only jog along the beach (I don't have a dog so I don't know if I’m allowed there).

Tomorrow we start gig hunting and regrouping thoughts for recording.

Time to hit the hay.....